Reis met Vriende
Sabi Sands, Kruger Nationale Park

Hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands verwelkom gesinne en groepe vriende wat saam reis en opsoek is na ’n gesellige safari.

Hoogtepunte

"Africam" saai die omliggende wildlewe in die sitkamer van die lodge uit
“Tusk Photo” - gespesialiseerde fotografiese safari
Kinderprogram vir jonger gaste
Groot Vyf besigtigings
Geniet sterrekyk op helder aande

Jou Ervaring

Hier in die Sabi Sands Privaat Wildreservaat kyk Elephant Plains Game Lodge oor ’n watergat op die droë Manyeleti rivierbedding uit. ’n Gemaklike atmosfeer heers regdeur hierdie bekostigbare safari akkommodasie in die Sabie Sands. Die geraas van die verkeer word vervang met die geroep van die voëls en die enigste luidrugtige bure wat jy hier sal ervaar, is ’n trop vurige blouapies of trotse brullende leeus.

Elephant Plains Game Lodge bied die gaste die keuse tussen bekostigbare safari akkommodasie, of ’n meer luukse suite. Die beroemde Manyeleti wittebroodsuite is die ideale private toevlug vir paartjies en wittebrood reisigers. Vrye tyd kan by die spa, langs die swembad of in die biblioteek spandeer word.

Kinders is ook welkom by Elephant Plains Game Lodge en daar is ’n “Mini Tuskers” safari-program om hulle mee besig te hou. Moet egter nie te veel ontspan nie - dit is tog Groot vyf gebied. Oggend en aand wildbesigtigingsritte neem jou reguit in die natuur in. As jy gelukkig is, sal jy selfs wilde honde sien, wat redelik skaars in hierdie streek is.

Vir 'n voorsmaak van die besienswaardighede, hou gerus ’n ogie op Elephant Plains Game Lodge se “Africam”-kamera wat die berugte olifante wat by die plaaslike watergat baljaar in die sitkamer uitsaai.