Reis met Vriende - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nationale Park

Die Manyeleti wittebroodsuite bied wittebrood paartjies, of gaste wat net romanties wil wees, privaatheid en ’n pragtige uitsig.

Jou Kamer

Hierdie ruim suite is gebou met ’n glas muur aan die voorkant en het al die gewone luukshede. Hierdie wittebroodsuite beskik ook oor ’n private plonspoel en dagbed - ideaal vir ’n middagslapie. Die luukse suites is oop-plan ontwerp, met 'n sitkamer, dubbel slaapkamer, en-suite badkamer en privaat stoep met ’n uitsig oor die rivierbed.

Alle kamers beskik oor lugverkoeling, oorhoofse waaiers, kaggels, muskietnette, elektroniese kluise asook ’n mini-kroeg en tee- en koffie fasiliteite. Bekostigbare safari akkommodasie in die Sabi Sands word aangebied in die rondawels op Elephant Plains Game Lodge wat in die tuin geleë is, waar mens die ou bosveld-sjarme steeds kan ervaar.

Die rondawels het ’n stoep, en-suite badkamers, lugversorging, oorhoofse waaiers, ’n mini-kroeg en tee- en koffie fasiliteite, muskietnette asook elektroniese kluise.

Fasiliteite

Fasiliteite sluit in twee swembaddens, ’n spa, gimnasium, konferensiesentrum, kroeg, biblioteek en speelkamer. Die Elephant Plains Game Lodge gimnasium is toegerus met 'n trapmeul, stilstaande fiets, roei masjien sowel as vry gewigte.