Red Grass
Rooigras

© Shem Compion

Naam

Rooigras

Latynse naam

Themeda triandra

Beskrywing

Rooigras het ’n lengte van tot 1.5 m en dit is ’n polvormige meerjarige gras met 8 mm blaarskywe. Die bloeiwyse is ’n valse saamgestelde tros van hangende, V-vormige are. Die gras is smaaklik in die somermaande, maar dit word rooi en bros in die winter.

Gebruike

Rooigras is bestand teen vuur en sal toeneem, indien oorbeweiding nie plaasvind nie, as ’n veld gereeld gebrand word. Rooigras is ’n goeie aanduiding van veld wat in ’n goeie toestand is.

Habitat

Rooigras kom volop in ongesteurde oop grasvelde en bosveld gebiede met ’n gemiddelde hoë reënval voor. Dit is veral algemeen op ’n hoogte van 1 300 - 3 000 m bo seespieël. Dit groei in enige tipe grond, maar meestal in kleigrond. Rooigras word regdeur suidelike en oostelike Afrika en in baie lande regoor die wêreld aangetref.

Blomme

Oktober tot Julie

Notas

Rooigras is een van die belangrikste grasspesies vir boere, aangesien dit voeding is vir vee en dit is ook kos vir ’n aantal voëlspesies. Algemeen bekend in Suid Afrika met die Afrikaanse naam rooigras.