Pluimvee Telersmarkte

© Chris Daly

Jy moet jou berekeninge maak as jy ’n suksesvolle pluimveeteler wil wees, aangesien die mark vir kommersiële hoenders oorheers word deur gevestigde besighede.
Mick Bosch van Boschveld Chickens sê daar is twee uitdagings wat jy in die gesig gaan staar wanneer jy op hierdie mark fokus: eerstens is dit onmoontlik vir 'n nuwe intreder om met gevestigde markheersers te kompeteer en tweedens produseer kommersiële pluimveeboere slegs onder streng beheerde toestande wat uiters duur is om te vestig - miljoene Rande.

Informele Mark

©Chris Daly
’n Beter idee sou wees om die mark vir inheemse of dubbele rasse te aan te pak, soos die Boschveld, Australorp, Koekoek en Island Red rasse. Hierdie rasse groei miskien nie so vinnig soos kommersiële rasse nie, bereik ook soms die punt van lê later en lê minder eiers, maar hulle is meer siektebestand en kan onder moeiliker toestande as hul kommersiële broers floreer - al word hulle vrygelaat as dorpse hoenders en ontvang min insette.
Die bogenoemde hoenders is, volgens Bosch, in hoë aanvraag as vryloopende hoenders, vir dorpshoenders en klein landelike bedrywighede. Teen die tyd van skryf, het hy gesukkel om by te bly met die vraag in die Afrika-mark, dus is daar ook goeie uitvoerpotensiaal met hierdie hoenders.
Bosch het aanbeveel dat boere eers die mark toets en klein begin met sowat 500 hoenders en dan met die aanvraag groei. As jy die besigheid te groot begin, kan 'n boer met 'ongewenste voëls' sit. Die kuikens kan aan braaikuikenprodusente verkoop word wanneer hulle 'n dag oud is.
Bykomende waarde kan ook by die voëls gevoeg word deur hulle groot te maak totdat hulle op die punt van lê is, êrens tussen 18 en 21 weke oud, afhangende van die ras. Hane kan verkoop word as lewendige hoenders wanneer hulle ongeveer 12 weke oud is.

Waardetoevoeging

’n Teler se hoenders en kuikens sal die beste presteer wanneer hulle 'n dieet ontvang wat daarop gemik is om hul gehalte te verbeter, maar kan ook gelos word om vir hulself te aas. Hoenders wat gelos word om na hulself om te sien en wat oral rondbeweeg, is egter meer vatbaar vir siektes, beserings en roofdiere as hoenders wat in semi-intensiewe stelsels geproduseer word.

Dag-oue kuikens se waarde kan verhoog word deur hulle teen Aansteklike Brongitis en Newcastlesiekte in te ent, voordat hulle verkoop word. Lêhenne moet ingeënt word teen aansteklike Bursa-siekte (Gumboro) en Coryza-verkoue, voordat hulle verkoop word.
Wanneer die mark verskaf word met sterk, gesonde kuikens wat ingeënt word teen die groot risiko siektes, sal dit help om 'n positiewe reputasie vir jou besigheid te skep en tot herhalende verkope en nuwe kliënte lei, te danke aan die impak van mondelikse advertensies.

Bestuur die keuse van jou haan wat gebruik word met die henne op ’n goeie manier en vermy. Inteling kan oortyd ’n negatiewe impak op produksie en voortplanting hê en tot misvorminge lei.

Translated by Nina Joubert