Huislike Familie Wegbreek - Aktiwiteite
Plettenbergbaai, Wes-Kaap

Plettenbergbaai Wildreservaat is op die voet van die Tsitsikamma-berg geleë en jy kan met ’n wildbesigtigingsrit die volle ervaring uit die 2,200 hektaar reservaat put.

Wildbesigtigingsritte

Twee uur-lange wildbesigtigingsritte word in 4x4-voertuie met ’n oop dak aangebied. Die enigste ding wat jy nie sal sien nie, is hordes mense wat om dieselfde besigtiging saamdrom. Wat jy wel sal sien is Suid-Afrika se beroemde Groot 5. Jy het ook die moontlikheid om verskeie spesies van bokke, kameelperd, sebra, seekoei en krokodil te sien.

Voëlkyk en Pieknieks

Pak jou piekniekmandjie en gaan verken die wildernis. Plettenbergaai Wildreservaat het heerlike piekniekplekke versprei regdeur die kamp. Jy kan die area stilletjies te voet ontdek en sommige van die voëls en kleiner bokkies sien. Birds of Eden, die wêreld se grootste vry-vlug voëlhok en voëltoevlug en is naby Plettenbergbaai geleë.

Perdry Safari

Avontuurlustige gaste van Plettenbergbaai Wildreservaat kan ’n safari op perdrug aanpak. Kinders bo die ouderdom van 12-jaar mag ook aan hierdie aktiwiteit deelneem. Dit duur omtrent 2 ure en is ’n rustige safari ervaring. Families met kleiner kinders kan van die kinderopassersdienste gebruik maak terwyl die ouer klomp die natuur te perd verken.

Walviskyk

Hierdie wildreservaat is gerieflik naby die kus geleë. Gaste kan voordeel trek uit die plaaslike strande en vars seekos in Plettenbergbaai en ander nabye dorpies geniet. Terwyl jy daar is, moet jy nie vergeet om jou oë oop te hou vir die walvisse nie. Hierdie reuse waterdiere is duidelik sigbaar vanaf die kus, tussen middel Mei tot Februarie. Die suidelike noordkaper word vanaf Junie tot November gesien, die migreerende bultrug walvisse arriveer met hul kalfies in vroeg November en bly dan tot die einde van Februarie. Dan begin die hele siklus weer in Mei.