Huislike Familie Wegbreek
Plettenbergbaai, Wes-Kaap

Plettenbergbaai Wildreservaat bied ’n bekostigbare Wes-Kaapse safari ervaring, met Groot 5 besigtiginge en walviskyk geleenthede.

Hoogtepunte

20 minute se ry vanaf Plettenbergbaai
Wildbesigtigingsritte in oop 4x4-voertuie
Safari’s op perdrug
Vele voëls en troppe wild om te sien
Self-sorg en familie-vriendelike akkommodasie

Jou Ervaring

Reisigers opsoek na ’n safari ervaring is geneig om slegs Kruger Nasionale Park toe te gaan en die Wes-Kaap provinsie oor te slaan. Plettenbergbaai Wildreservaat is ideaal geleë op die Tuinroete en sal hierdie perspektief verander.

Die Tuinroete is ’n beeldskone roete, met ’n prentjiemooi uitsig en oulike dorpies langs die pad. Plettenbergbaai Wildreservaat bied reisigers ’n bos en strand vakansie in een. Die beste is dat geen 4x4-voertuie of duur huurvlugte georganiseer hoef te word om daar uit te kom nie.

Terwyl hordes toeriste met mekaar se voertuie kompeteer vir een dier besigtiging in die Kruger Park, kan gaste van hierdie wildreservaat in die Tuinroete ’n ongesteurde natuurlike omgewing, belaai met voëls en wild, geniet.

Die self-sorg akkommodasie voel soos 'n huislike familie wegbreek en is ook sagter op jou begroting. Hier kan jy saam met jou hele gesin voëlkyk, pieknieks geniet en 4x4-wildbesigtigingsritte aanpak. Daar is selfs die opsie om ’n safari op perdrug te doen -  nie algemeen in baie van Suid-Afrika se reservate nie.

Plettenbergbaai is slegs 20 minute se ry weg en bied jou iets wat die Kruger nie het nie – walvisse! Die Suidelike noordkaper arriveer rondom Junie en kan in die waters tot November gesien word. Die bultrug walvisse arriveer met hul kalfies in vroeg November en bly tot die einde Februarie.