Huislike Familie Wegbreek - Jou Verblyf
Plettenbergbaai, Wes-Kaap

Plettenbergbaai Wildreservaat bied die perfekte rustieke wegbreek met verskillende akkommodasie-opsies om van te kies.

Jou Kamer

Die Baroness Lodge bied ’n verskeidenheid opsies aan. Daar is ’n klein ontspanningsarea met ’n kaggel, snoekertafel en eetplek vir ontbyt en aandete. Daar is ook ’n platvorm wat oor ’n dam uitkyk.

Familie Eenheid
Dit bestaan uit twee en-suite slaapkamers, van mekaar geskei deur ’n ontspanningsarea. Die eenheid is ideaal vir families met klein kinders of tieners. Die hoofslaapkamer het ’n koning-grootte bed, die kinderkamer het tweeling beddens. Die familie eenheid is groot genoeg vir 5-6 mense. Die eenheid het twee aparte leefareas het, ’n privaatplatvorm en privaat plankpad. Slegs 15 minute se ry vanaf Plettenbergbaai, hier kan jy die natuur geniet en dorp toe ry indien jy iets benodig. Tee en koffie maak geriewe is beskikbaar vir daardie noodsaaklike eerste koppie in die oggend.

Familie Kamer
Hieride kamer is ideaal vir families van tot 4 mense, met ’n koning-grootte bed en óf ’n bunkbed of tweeling beddens vir die jongklomp. Die familiekamer het ’n ontspanningsarea met ’n houtkaggel. Hier kan jy gesellig om die vuur sit en bordspeletjies met die familie speel. Die kamer het ’n en-suite badkamer met ’n losstaande bad. Tee en koffie maak geriewe is ingesluit.

Dubbel Kamer
’n Oop-plan kamer met ’n hemelbed en losstaande bad en stort - perfek vir paartjies. Die kamer is intiem en ontwerp met rustigheid in gedagte. Die sitarea, oop vuurmaakplek en stoep laat paartjies toe om private tyd saam te spandeer, met die natuur in die agtergrond. Tee en koffie maak geriewe beteken een van die twee kan in die oggend wakker gemaak word met koffie in die bed.

Self-sorg
Hierdie eenheid is ingerig  met 2 en-suite slaapkamers (met losstaande bad en dubbele wasbak). Ideaal vir ’n familie of twee paartjies. Elke eenheid is toegerus met braai fasiliteite en ’n gedeelde kombuis. Daar is ook ’n gedeelde leefarea en privaat balkon waar jy met ’n ys-koue drankie kan ontspan. Gaste wat nie wil kook nie kan ontbyt of aandete by die lodge geniet. Vir families met drie kinders is daar ’n uittrekbank.