Unieke Avontuur - Aktiwiteite
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

By die luukse Ivory Tree Game Lodge kan jy twee keer per dag op ’n wildrit in ’n oop 10 sitplek safarivoertuig saam met ’n ervare gids wat graag interessante feite oor die diere en omgewing deel gaan.

Wildkyk

Die Pilanesberg Nasionale Park het volop wild en is bekend as een van die beste parke vir wildkyk. Daar is meer as 300 voëlspesies en die Groot 5 kan ook gesien word. Die rare jagluiperd en swartwitpens kom ook hier voor. Voëlkykers sal kan uitsien na die groot verskeidenheid voëlspesies wat hier nesmaak.

Bos Etes

Gaste wat by hierdie luukse lodge bly kan 5 ster etes verwag. Die vriendelike en professionele veldwagters is die gashere tydens die smaaklike etes. Die boma is die ideale plek om gedurende jou verblyf hier ’n buitelug ete of drankies onder die Afrika sterre te geniet. ’n Buffet styl restaurant en volledige kroeg diens sal almal tevrede stel. Spesiale dieet vereistes kan op versoek nagekom word.

Kinder Aktiwiteite

Kinders van alle ouderdomme is welkom by Ivory Tree Game Lodge. Kinders onder die ouderdom van 6 jaar oud het ’n spesiale safari genaamd ‘bush bumble’. Kinderoppassers is teen ’n fooi beskikbaar vir die ouers wat aan die aktiwiteite wat slegs vir volwassenes is wil deelneem.