Unieke Avontuur
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

©

Die luukse Ivory Tree Game Lodge bied 5 ster akkommodasie in die gesogte Pilanesberg Nasionale Park aan.

Hoogtepunte

5 ster bos etes
Swembad wat uitkyk oor die water gat
Kinders van alle ouderdomme is welkom
Volop wild en die Groot 5 word gereeld gesien
Malariavrye bosveld ervaring

Jou Ervaring

Die volop wild en voëllewe by die luukse Ivory Tree Game Lodge in die malariavrye Pilanesberg Nasionale Park verseker ’n besonderse ruskans. Die akkommodasie by hierdie 5 ster lodge wat op gemak en intimiteit fokus is die perfekte resep vir ’n onvergeetlike ervaring. Die bestuur en personeel se vriendelike en professionele diens dra by tot die algehele rustige atmosfeer. Sodra jy hier aankom voel jy welkom en deel van die familie.

By Ivory Tree Game Lodge is daar ’n groot verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word, wat 'n unieke avontuur verseker. Van die gewone wildritte en voëls kyk tot boogskiet, vierwielmotorfietse of interaktiewe drom speel sessies. Vir ouers wat ’n bietjie alleentyd soek of ’n romantiese ete in die 5 ster restaurant wil geniet is daar kinderoppassers beskikbaar.