Unieke Avontuur - Jou Verblyf
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Die 5 ster Ivory Tree Game Lodge in die Pilanesberg Nasionale Park het 3 tipes akkommodasie, naamlik standaard kamers, Luxury suites en Executive suites.

Jou Kamer

Al die akkommodasie is elegant en in ’n Suid-Afrikaanse styl met warm en koue aksente gemeubileer. Elke kamer en suite het lugversorging, ’n stoep, en-suite badkamer, buite-stort, tee en koffie maak geriewe en ’n kroegyskas. Die Luxury en Executive suites het ook ’n plonspoel, kaggel en DSTV.

Lodge Fasiliteite

Die openbare area van die hoof lodge is slim ontwerp om die maklike vloei van gaste aan te help. Daar is talle maniere om jou dae by hierdie 5 ster lodge in die Pilanesberg Nasionale Park te spandeer en een van die hoogtepunte is om te ontspan by die skitterende swembad wat op die watergat uitkyk. Vlug vanaf die warm son deur in een van die twee sitkamers of by die kroeg ’n koel drankie te gaan geniet. die eksklusiewe Amani Spa se vriendelike en professionele personeel bied gespesialiseerde behandelings aan wat jou verfris en vernuwe sal laat voel.

Ander geriewe sluit in:
Sitkamer
Kamer diens
Wi-Fi
Kinderoppassers
Daaglikse huisskoonmaakdiens
Geskenkwinkel
Konferensie fasiliteite