Belofte van Avontuur - Aktiwiteite
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Hierdie innoverende program is beskikbaar vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 12 jaar oud wat by die Kwa Maritane Bush Lodge bly.

Wildkyk

Behalwe dat jy die Groot 5 kan sien sal jy verseker ’n verskeidenheid ander diere soos die seekoei, jagluiperd, krokodil, swartwitpens en die bruinhiëna teëkom. Daaglikse sonsopkoms en laatmiddag wildritte vertrek vanaf Kwa Maritane Bush Lodge met ’n meer ontspanne sonsondergang wildrit wat van September tot Maart beskikbaar is.

Die laatmiddag wildrit kan met ’n braai in die boma gekombineer word. As jy nie lus is om rond te ry nie kan jy ’n glasie wyn by die restaurant wat oor die watergat uitkyk geniet. ’n Ondergrondse 130 m lange tonnel lei vanaf die lodge na die wildskuiling wat die perfekte uitkykpunt bied vir ’n geheimsinnige naby blik op die wild rondom hierdie luukse lodge.

Bos Etes

Die Kwa Lefakeng Restaurant waar ontbyt, middag- en aandete bedien word kyk uit op die watergat en die graniet formasies in Pilanesberg. Tradisionele Suid-Afrikaanse geregte vorm die basis van die spesiale buffet en daar is heerlike vleisgeregte soos springbok, koedoe, beesvleis en seekos om selfs fynproewers te beïndruk.

As jy net wil ontspan kan jy kamer diens bestel of informele etes op die stoep geniet. Party aande is daar ook ’n tradisionele Suid-Afrikaanse braai in die boma. ’n Ten volle gelisensieerde kroeg met invoer en plaaslike biere en wyne is beskikbaar.

Junior Rangers Program

Ouers kan gerus voel dat hulle kinders goed versorg sal word onder die streng toesig van hoogs opgeleide personeel. Die kinders neem deel aan ’n verskeidenheid aktiwiteite soos wildritte, voëlkyk, ’n stapsafari en binnenshuise vermaak. Kentekens en plakkers word toegeken vir elke aktiwiteit waaraan hulle deelneem en sertifikate word tydens ’n plegtige seremonie na afloop van al 8 aktiwiteite uitgereik.