Belofte van Avontuur
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

Kwa Maritane Bush Lodge bied ontspanne, luukse akkommodasie in die Pilanesberg Nasionale Park vir die hele familie.

Hoogtepunte

Slegs 10 minute vanaf Sun City
Bos mini-golf baan
Wildskuiling
Tradisionele Suid-Afrikaanse geregte
Sterrekyk onder die Afrika hemelruim

Jou Ervaring

Kwa Maritane Bush Lodge bied onvergelykbare diens vir die hele familie in ’n luukse maar ontspanne atmosfeer. Kwa Maritane is in die malariavrye 55 000 hektaar Pilanesberg Nasionale Park geleë. Dit is op die hange van ’n ou vulkaan gebou en word omring deur die ryk fauna en flora van die gebied. Die Groot 5 word gereeld gesien asook die meer as 300 voëlspesies wat hier nesmaak.

Beide kinders en volwassenes voel welkom hier en die vriendelike en professionele personeel dra by tot die gaste se onvergeetlike ervaring. Die smaaklike etes laat jou mond water en spesiale moeite word gedoen om gaste met verskeie diëte en voedselallergieë tegemoet te kom.

By hierdie luukse akkommodasie is die kamers stylvol en gratis Wi-Fi hou jou in kontak met jou familie terwyl jy die natuur geniet. Kwa Maritane Bush Lodge kombineer Moeder Natuur moeiteloos met menslike skepping om ’n onvergeetlike wegbreek in die hart van een van die mooiste streke in Suider Afrika te bied.