Belofte van Avontuur - Jou Verblyf
Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes

By die luukse Kwa Maritane Bush Lodge kan jy kies om langs een van die twee swembaddens te ontspan of meer aktief wees en ’n ronde mini-golf of vlugbal speel.

Jou Kamer

Kwa Maritane Bush Lodge het 90 stylvolle Afrika geïnspireerde kamers. Die uitsig op die omringende bosveld is pragtig en die kamera wat aan die TV gekoppel is om die huidige aktiwiteit by die skuiling te wys maak dit besonders. Al die kamers het DSTV, ’n telefoon, haardroër, kragpunt vir elektriese skeermesse en tee en koffie maak geriewe. Kamer diens is tussen 7:00 en 22:00 beskikbaar en die kroegyskas kan op aanvraag gevul word.

Lodge Fasiliteite

’n Speelgrond sal die kinders ure lank besig hou en daar is kinderoppassers as die ouers ’n bietjie tyd alleen wil hê.

Ander geriewe sluit in:
Spa
Biblioteek
Wi-Fi
Wasgoed diens (opsioneel)
Gaste sitkamer met TV
Buitelug skaak
Verligte tennisbane
Tafeltennis en biljarttafel
Waterglybaan
Speelgrond en babaswembad
Gimnasium
Trampolien
Wildlewe inligting sentrum
2 Bomas
Wildkykskuiling