Afrika Gasvryheid - Aktiwiteite
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Die Phinda Privaat Wildreservaat sluit ’n merkwaardige 23 000 hektaar beskermde wildlewe gebied in KwaZulu-Natal in.

Wildkyk

Die wildritte by Phinda Zuka Lodge bied jou die geleentheid om nie net die immergewilde Groot 5 te sien nie, maar ook meer as 400 voëlspesies te besigtig. Die wildreservaat is een van die min plekke waar die bedreigde swartrenoster gesien kan word en jagluiperds word ook dikwels gesien.

Hierdie eksklusiewe lodge bied twee wildritte per dag, met die oggendrit wat al voor sonsopkoms vertrek. Jou persoonlike veldwagter sal oor ’n koppie koffie of tee die oggend se wildrit met jou bespreek. Die laatmiddag wildrit hou aan tot vroegaand en gee jou die geleentheid om van die nagdiere te sien.

As jy iets anders as ’n wildrit wil doen, kan jy op ’n bootrit op die Mzinene rivier gaan om na die wild te kyk wat kom drink of in die water baljaar. Daar is ook ’n begeleide stapsafari saam met jou kundige veldwagter beskikbaar.

Bos Etes

By Phinda Zuka Lodge is jy welkom om te kyk hoe jou persoonlike sjef in die kombuis jou maaltye voorberei. Met ontbyt kan jy heerlike vrugte en kaas geniet, gevolg deur ’n verskeidenheid warm ontbyt geregte, wat eiers, spek, hawermout en wafels insluit. As jy van die oggend se aktiwiteite af terugkom, sal middagete in die eetkamer of op die dek buite wag en as jy daarna nog lus voel vir iets lekker kan jy laatmiddag-tee geniet.

Saans is daar ’n smaaklike aandete in die boma of iewers in die bos. Die ten volle gelisensieerde kroeg bevat ’n groot verskeidenheid plaaslike en ingevoerde wyn, bier en ander drank.