Afrika Gasvryheid
Phinda Privaat Wildplaas, KwaZulu-Natal

Die Phinda Zuka Lodge in KwaZulu-Natal bied luukse safari akkommodasie en Afrika gasvryheid aan gaste wat privaatheid hoog op prys stel.

Hoogtepunte

’n Klein intieme kamp vir eksklusiewe gebruik
Privaat wildritte met geen vasgestelde skedules
Privaat watergat
Persoonlike sjef
Algehele privaatheid

Jou Ervaring

Die Phinda Zuka Lodge is geleë in die lae-malaria gebied van die 23 000 hektaar Phinda Privaat Wildreservaat in KwaZulu-Natal. Hierdie lodge bied jou die geleentheid om verskeie soogdiere insluitend die Groot 5 (kyk uit vir die bedreigde swartrenoster) en vele voëlspesies te sien. Jou aankoms by hierdie eksklusiewe safari lodge is die begin van ’n onvergeetlike ervaring. Daar is geen uitgawes ontsien met die bou en dekor van die luukse grasdak suites nie.

Toegewyde vriendelike personeel verseker dat jy soos ’n koninklike voel met elke wens van jou wat nagekom word. Jy het ’n persoonlike sjef, veldwagter en hoofbediende, maar jou privaatheid bly ’n belangrike aspek. Hier is ’n mengsel van romantiek en die Afrika kultuur. As jy en jou familie of vriende opsoek is na ’n privaat en luukse wegbreek is Phinda Zuka Lodge die perfekte keuse.