Afrika gasvryheid is aan die order van die dag by Phinda Zuka Lodge in KwaZulu-Natal.
Afrika gasvryheid is aa Die lodge se akkommodasie bestaan uit luukse grasdak suites met subtiele blou en steenkleurige dekor. Die suites is rondom ’n gewilde watergat gebou wat tot die besonderse wildkyk geleenthede bydra. Al die suites het ’n luukse en-suite badkamer en gemaklike stoele op ’n privaat uitkyk dek. Ander geriewe sluit lugversorging, ’n plafonwaaier, haardroër, kluis en internet konneksie in.
By Phinda Zuka Lodge kan jy langs die swembad ontspan of rustig sit en na die wild kyk vanaf jou privaat dek. Gedurende die koeler dae kan jy in die gemaklike stoele by die biblioteek sit en lees of ’n massering in die privaatheid van jou suite kry.
Ander geriewe sluit in:
Gimnasium
Kinderoppassers
Safari winkel
Kamer diens
Boma