Parrotfish
Papegaaivis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Papegaaivis

Wetenskaplike naam

Scaridae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 45 cm.

Identifikasie

Word gekenmerk deur hulle groot, vergroeide tande wat ‘n papegaai-agtige bek vorm. Groot vis, word dunner by die stert, met sekelvormige stertvin. Rugvin is aaneenlopend. Veelkleurig. Manlike en vroulike kleure verskil aansienlik.

Algemene Inligting

Die Scaridae famiilie bestaan uit 9 genera en 89 spesies. Deel van die wrasse. Swem hoofsaaklik met hulle borsvinne. Stertvinne word slegs vir kort entjies gebruik wanneer spoed nodig is. But koraal af om te help met vertering van alge. Belangrike produseerders van sediment soos sand op koraalriwwe. Bedek hul liggame met ‘n laag slym wanneer hulle snags slaap om vyande af te skrik. Pelagiese kuitvisse. Wyfies kan in funksionele mannetjies verander as die dominante mannetjie doodgaan.

Voeding

Leef van alge en koraalpoliepe.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Bicolour parrotfish (Cetoscarus bicolor)
Ember parrotfish (Scarus rubroviolaceus)