Gedurende die 20ste eeu het grootskaalse veranderings in wit landbou veroorsaak dat die Ndebele plaas huurders onder toenemende druk geplaas is. In sommige gevalle, sou die boere meganiseer en nie meer die diens benodig van semi-feodale arbeiders nie, en sou net eenvouding die families van die plaas af sit. In ander gevalle, dou die boer geleidelik die tyd wat die jong mans moes werk op die plaas werk vermeerder, wat veroorsaak het dat baie Ndzundza seuns weghardloop het.
Met die familie wat nie meer in staat was om arbeid diens te lewer op die plaas nie is die man se ouers en susters van die plase afgesit en moes hulle nuwe blyplek vind. Beide van hierdie scenario's het versoorsaak dat baie Ndzundza - dikwels vergesel deur die troppe vee wat hulle opgebou het - op soek was na nuwe plekke om te bly. Hulle het óf na die nuutgestigte tuisland van KwaNdebele of die ouer (Noord-Sotho) tuisland Lebowa beweeg.
Baie kritici het KwaNdebele as die uiteindelike stortings grond gesien en sy Hoofminister en handlangers as assistente van die apartheidsregering beskou. Maar dit was die toneel van 'n voorval wat skaars minder dramatiese was as die Boere-Ndebele Oorlog van 1883.
Tydens die donkerste dae van apartheid, in die laat 1980's, het daar 'n golf van gewilde weerstand uitgebreek wat ondersteun was deur die destydse regerende Ndzundza koning, teen die onderdrukkende amptenare van die KwaNdebele regering. Dit het soveel ondersteuning geniet dat hierdie suksesvolle opstand al voorstelle van KwaNdebele se “onafhanklikheid” onder apartheid onderdruk het. Die Ndebele het getoon, en gaan voort om te wys dat tradisionalisme nie so styf was soos wat dit voorgekom het nie, en dat koninklike houdings geaktiveer kan word in die diens van 'n verteenwoordigende demokrasie.
Translated by Wilma Koeppen