In die 17de eeu, het die Ndebele weggebreek van hul Nguni neefs langs die kus, wat deel geword het van die magtige Zoeloe-ryk geword het. Onder leiding van Musi, het die Ndebele-stam gemigreer na die binneland, tot hulle hulself noord van hedendaagse Pretoria gevestig het.
Musi was 'n slim leier, wie se eerste bekommernis die welsyn van sy onderdane was en om hulle te beskerm teen uitbuiting deur hulle meer kragtige bure. Musi het staatgemaak op diplomasie en nie aggressie nie om sy weg te kry.
As 'n regverdige en gerespekteerde leier met 'n sagte geaardheid, is dit van mening dat hy die vertroue van die Sotho volke onder wie hy en sy mense gaan bly het gewen het.
Nadat Musi gesterf het, is sy oudste seun, Manala, aangewys as die toekomstige hoof. Hy was uitgedaag deur 'n ander senior seun, Ndzundza, en die gevolglike gekibbel tussen die twee het die eens verenigde Ndebele verdeel. Uiteindelike oorlog was onafwendbaar en, in 'n bloedige stryd, is Ndzundza verslaan en het gevlug. Hy en sy volgelinge het ooswaarts beweeg, en hulle in die boonste deel van die Steelpoortrivier by 'n plek met die naam KwaSimkhulu, naby die hedendaagse Belfast gevestig, en Manala is geïnstalleer as hoof van sy vader se domein. Dit was egter nie lank voor twee ander faksies, gelei deur ander seuns, weggebreek het van die Ndebele kern nie. Die Kekana faksie het noordwaarts beweeg en hulle gevestig in die streek van hedendaagse Zebediela, en die ander faksie, onder Dlomo, het teruggekeer na die ooskus van waar die Ndebele oorspronklik gekom het.
Translated by Wilma Koeppen