Narrow Leaved Turpentine Grass
Smalblaarterpentyngras

Naam

Smalblaarterpentyngras

Latynse naam

Cymbopogon plurinodis

Beskrywing

Polvormige, meerjarige gras met 2 - 5 mm lange blaarskywe. Die bloeiwyse is ’n valse saamgestelde tros van tot agt gepaarde are. Smalblaarterpentyngras is oneetbaar behalwe wanneer dit baie jonk is.

Gebruike

Dit is ’n swak weidingsgras as gevolg van die essensiële olies wat die gras ’n bitter smaak gee. Dit bevat ’n essensiële olie met sowat 17 bestanddele waarvan “piperitol” en “delta-nerolidol” die belangrikste is.

Habitat

Dit groei in oop grasvelde of oop kolle in bosveld gebiede. Smalblaarterpentyngras groei in alle grondsoorte, maar verkies swaarder grond waar dit dominant kan wees. Wydverspreid oor Afrika.

Blomme

Oktober tot Mei