Mopane Tree

© Shem Compion

Naam

Mopanie [Colophospermum mopane]

Beskrywing

Die mees kenmerkende eienskap van die mopanieboom is ongetwyfeld die vlindervlerkvormige blare wat heldergroen is wanneer hulle verskyn, maar in ‘n kaleidoskoop van herfskleure verander later in die seisoen. Hierdie kleure bly kenmerkend van die landskap vir baie maande van die jaar. Bome het oor die algemeen ‘n meerstammige struikvorm, dikwels v-vormig verwyd, met ‘n swak spreidende, ronderige kroon. Die bas is lig- to donkergrys en is opvallend diep oorlangs gegroef.
Sommige mopaniebome kan so hoog as 25m word, veral in spoelgronde, maar as toestande minder gunstig is, word klein mopanie struike, plaaslik bekend as ‘gumane’, eerder aangetref. Die bas is ook opvallend diep oorlangs gegroef. Ou stamme is baie liggrys terwyl jonger stamme donkerder is. Twee saamgestelde blare kom voor aan ‘n gemeenskaplike steel en hulle lyk soos vlindervlerke.

Blomme en vrugte

Die blomme van die mopanie is geel-groen, klein en onopvallend en word gedra in neerhangende trossies naby takuiteindes. Die vrugte van die mopanie bestaan uit plat, dun, nie-oopspringende, kapmesvormige peule. Hulle is aanvanklik groen en bevat een plat, gerimpelde saad, oortrek met taai, rooierige kliertjies. Blomme verskyn in Desember tot Januarie, terwyl vrugte gedra word vanaf April tot Junie.

Waar hulle gevind word

Die Mopanieboom kom voor in Suid-Afrika, Botswana en Namibië.

Latynse naam

Die mopanieboom is gasheer vir die mopaniemot [Gonimbrasia belina] wat baie belangrik is vir die voedselbehoeftes van baie mense in Afrika. Die ruspe van die mot, bekend as die mopaniewurm, word ge-oes en net so geëet, of gedroog en gebêre vir die toekoms. Mopaniehout word gebruik vir meubels omdat dit so mooi gekleurd en duursaam is is, en die hardheid van die hout maak dit ook termietbestand en daarom uiters geskik vir heiningpale.