Mapungubwe Nasionale Park Aktiwiteite

Bergfietsry

©Jacques Marais
Ry tussen die anderwêreldse reuse van die boomryk – die kremetart – op grondpaaie en grond, klip en sand enkelbaanroetes wat sorg vir werklik opwindende bergfietsry.

Stap

©Roger de la Harpe
Stap op die boomkruinloopvlak na ’n uitkykpunt wat skouspelagtige uitsigte oor die Limpoporivier in die rigting van buurlande Zimbabwe en Botswana bied waar klipbanke van ambersandsteen skurf teen die horison opstaan.
Begeleide staptoere na rotskuns, die Mapungubwe erfenisgebied, dinosourusvoetspore en die grootste kremetartboom kan oor gereël word.

Ry

©Jacques Marais
Omtrent 35 km van die paaie binne die park is geskik vir gewone sedanmotors, maar ’n verdere 100 km is toeganklik vir 4x4-/veldvoertuie. Onthou om u motor in Alldays of Musina vol te maak aangesien u nie petrol in die park kan koop nie.

Voëlkyk

©Shem Compion
Kori Bustard bird.
Die sandsteenformasies, mopanieboslande, unieke rivierbos en kremetartbome vorm ’n diverse habitat waar voëlkykers meer as 400 spesies kan afmerk, insluitende die gompou, tropiese fiskaal en visuil.

Translated by Nina Joubert