Hoogs Afgeleë Bos Kamp - Aktiwiteite
Manyeleti, Groter Kruger
Honeyguide Mantobeni Camp bied jou die geleentheid om wild te besigtig op ’n wildbesigtigingsrit, ’n begeleide stap safari of selfs vanaf jou luukse tentkamp se privaat stoep.
Wildbesigtigings
Hier sal jy nie teleurgesteld wegloop nie. Winter tyd (Mei tot Oktober) is droog en dit is gewoonlik die beste tyd vir wildbesigtiging, omdat die wild geneig is om naby aan die watergate te bly. Desember tot Maart is die ideale voëlkyk geleentheid, omdat die bosveld dig is, die riviere vol is en die voëls meer as genoeg plek en material het om mee nes te bou. In November en Desember word die kleintjies gebore.
Wild Fotografie
Die Afrika sonsondergang by Honeyguide Mantobeni Camp is ideal vir fotografie entoesiaste. Die son se skakerigs van rooi, oranje en selfs pers kan met die Mohwareng koppies in die agtergrond afgeneem word. Wildbesigtigingsritte bied die ideale geleentheid om die spesiale diere met ’n kamera vas te vang. Fotograwe het natuurlik ook die grasdak voëlskerm wat oor ’n watergat, wat gereeld besoek word, uitkyk...
Kulturele Uitstappie
By hierdie luukse safari kamp in die Manyeleti Wildreservaat is daar die geleentheid om ’n betekenisvolle kulturele uitstappie te onderneem. Gaste van Honeyguide Mantobeni Camp kan die naby geleë plaaslike dorpie, Welverdiend, besoek. Hier kan gaste met die plaaslike inwoners gesels en meer leer oor hulle daaglikse lewe.
Ontspan by die Kamp
Honeyguide Mantobeni Camp gaan nie slegs oor wildbesigtigingsritte op 4x4-voertuie nie. By hierdie luukse safari kamp in die Manyeleti Wildreservaat kan jy die wild- en voëllewe vanaf die gemak van jou leunstoel op jou privaat besigtigingsdek aanskou, of selfs langs die swembad.