Hoogs Afgeleë Bos Kamp
Manyeleti, Groter Kruger

Honeyguide Mantobeni Camp is ’n luukse safari kamp in die Manyeleti Wildreservaat waar afgesonderde, koninglike tent-suites op houtpale gebou is vir ’n ononderbreekte uitsig oor die droë rivierbed.

Hoogtepunte

Kompeteer nie met ander kampe vir wildbesigtigings nie
Eko-safari’s word onderneem in hierdie privaat konsessie area
Geleë binne ’n 23 000 hektar wildlewe gebied
Sien en hoor die wild soos wat hulle verby jou luukse tent loop
Tradisionele buitelug boma etes

Jou Ervaring

Word wakker met die geslurp van olifante wat water drink by die watergat wat vanaf jou suite gesien kan word. By Honeyguide Mantobeni Camp loop die diere onversteured en vrylik tussen die tente deur. Hierdie luukse safari kamp in die Manyeleti Wildreservaat bied jou die geleentheid om naby aan die natuur te kom en diere in hulle natuurlike habitat te aanskou - vanuit die gerief van jou luukse tent-suite.

Gaste van Honeyguide Mantobeni Camp kan uitsien na maaltye wat buite rondom ’n lang tafel bedien word, met lanterns en vure wat die bos atmosfeer verdiep. Eenvoudige, maar smaakvolle Afrika geinspireerde disse word van plaaslike bestandele gemaak en beloof om ’n blywende indruk op jou te maak. By hierdie luukse safari kamp in Manyeleti Wildreservaat kan jy jou dag begin met ’n vroegoggend wildbesigtigingsrit, gevolg deur ’n heerlike ontbyt. Middagete bestaan uit ’n drie-gang maaltyd, waarna ’n middagslapie in die koelte van jou tent geniet kan word.

Aandete word bedien na ’n sonsondergang wildbesigtigingsrit en neem plaas in die buitelug boma - as die weer lekker is - anders binne die gesellige eetkamer. By hierdie luukse safari kamp in die Manyeleti Wildreservaat neem die wildbesigtigingsritte plaas in ’n oop 4x4-wildbesigtigingsvoertuig, met sonsopkoms en sonsondergangs.

’n Hoogtepunt van hierdie ervaring is die gewilde skemerkelkies wat by ’n spesiale plek op die reservaat, met die Mohwareng koppies in die agtergrond, geniet word. Met ’n glasie in die hand kan diere soos seeekoeie, leeus, renoster en olifante aanskou word. Vir ’n ware natuur belewenis kan gaste wild te voet besigtig.

Honeyguide Mantobeni Camp bied hoogs aanbevole stap safari’s aan, waar gaste deur gewapende en opgeleide gidse vergesel word om die wonder van die natuur van naby te aanskou.