By MalaMal Camp gaan opwindende wildbesigtigingsritte twee keer ’n dag tot diep in dos uit en gee jou die geleentheid om die Groot Vyf se spore te volg.
Daar is vele luiperd en leeu besigtigings in hierdie area! Jagluiperds word ook somtyds in die area gesien en daar is vier welbekende troppe Afrika wilde honde in hierdie omgewing.
Die wildbesigtigingsritte neem vroeg in die oggend en laat in die middag plaas en word deur professionele gidse, in gespesialiseerde safari voertuie gelei. Hulle radio-kommunikasie laat hulle toe om mekaar in te lig oor wildbesigtigings in en om die lodge. Dit verseker dat elke gas ’n spesiale besigtiging kan geniet.
Die 13 300 hk van digte rivierbos, bosveld en koppies sorg dat MalaMala wêreld beroemd is vir wildbesigtiging.
’n Dokumentêr vir National Geographic is al op MalaMala se gronde geskiet. ’n Oorvloed plant- en wildlewe kan gesien word op een van hierdie privaat kamp in die Sabi Sands se stap safari’s, wat deur gewapende gidse gelei word.
Hierdie stap safari’s is ontwerp om jou die geleentheid te gee om die spore van die kleiner diere van die bos, wat selde op wildbesigtigingsritte gesien word, te volg.
Mala Mala Camp bedien ’n heerlike ontbyt en ligte middagete in die eetkamer. Aandetes word met kerslig en lanterns in die buitelug boma, wat omring is met inheemse bome, bedien. Daar is ook die keuse - as die weer dit toelaat - om die kersligaandete buite op die besigtigingsdek te geniet.
Kinders van alle ouderdomme is welkom by hierdie privaat safari kamp in die Sabi Sands. Kinders onder die ouderdom van 4-jaar mag egter nie saam op die wildbesigtigingsritte uitgaan nie, en is ook nie in die buitelug boma vir aandete toegelaat nie.
Daar is wel ’n kinderoppasser wat op jou aanvraag gereël kan word. Op aankoms word daar ’n spesiale gids aan jou familie toegeskryf en hierdie gids sal vir jou kinders ’n persoonlike program uitwerk om jou kinders besig en gestimuleer te hou. Families wat graag saam op ’n wildbesigtigingsrit wil uitgaan, kan ’n privaat wildbesigtigingsvoertuig huur.