Asemrowende Gebied
MalaMala Wildreservaat, Kruger Nasionale Park

MalaMala Camp in die Sabi Sands is geseënd met vele leeu en luiperd besigtigings en is geleë in ’n asemrowende gebied.

Hoogtepunte

Meer as 50 jaar se wildbesigtigingsgeskiedenis
'n Oorvloed van luiperd en leeu besigtiginge, asook vier troppe Afrika Wilde Honde wat gereeld die area besoek
'n Toegewyde fotografiese voertuig met ’n gespesialiseerde fotografiese gids
Kinders van alle ouderdomme is welkom en ’n familie-toegeweide gids sal jou help om aktiwiteite te ontwerp wat vir die hele gesin genotvol sal wees
Suites, ingerig vir mense met gestremdhede, is beskikbaar

Jou Ervaring

MalaMala Camp is geleë in die privaat Mala Mala Wildreservaat in die Sabi Sands – ’n gesogde plek vir wild en wildlewe fotograwe. Wildbesigtigingsritte word twee keer per dag onderneem - vroeg in die oggend en laat in die middag - deur professionele gidse in gespesialiseerde safari voertuie. By hierdie privaat safari kamp in die Sabi Sands is daar uitstekende leeu en luiperd besigtigingsgeleenthede, asook die beroemde Groot Vyf.

Hierdie privaat kamp in die Sabi Sands is ook nie omhein nie. Jy hoef nie eers uit jou bed uit te klim om wild te besigtig nie; bokke en olifante kom eet graag aan die lodge se omliggende groenigheid. Die okker gekleurde villa’s, wat weggesteek lê tussen die digte rivierbos, en die houtbesigtigingsdek laat jou toegevou voel in die natuur. MalaMala Main Camp voel presies soos wat ’n Suid-Afrikanse safari ervaring moet voel.

Aandetes word met kerslig in die buitelug boma bedien. Hier kan jy ontspan, ’n glas pinotage geniet en na die bos se naggeluide luister. MalaMala Camp is een van die min safari lodges wat ten volle toegeruste suites, ingerig is vir mense met gestremdhede, aanbied.