Uitstaande Safari-ervaring - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

By Tuningi Lodge is daar 3 geleenthede om die omgewing se wild te besigtig.

Beste Tyd om te Besoek

Mei tot September is die dae koeler en droër terwyl Oktober tot April warmer is en meer reënval kry met die onvergeetlike reuk van nat grond. Onthou om altyd ’n warm baadjie saam te bring, want die laatmiddag/vroegaand wildrit kan koel raak.

Wildkyk

By Tuningi Lodge is daar 3 geleenthede om die omgewing se wild te besigtig. Die 2 wildritte per dag saam met ’n kundige gids in die oggend en laatmiddag/vroegaand is die perfekte geleentheid om die meer sku wild te soek. ’n Stapsafari saam met ’n ervare gids ontsluit die minder bekende natuur wat nie vanaf die safari voertuig gesien kan word nie.

Besige miskruiers, skoenlappers en medisinale plante is maar ’n paar van die dinge wat gesien kan word. Kinders onder 16 jaar oud word nie op hierdie stapsafari toegelaat nie, maar het hulle eie spesiale safari. Die derde en rustigste geleentheid is om terug te sit en ontspan op die dek en na die wild te kyk wat kom water drink.

As jy gelukkig is sien jy dalk ’n olifant wat by die rand-vloei swembad kom water soek. Madikwe Wildreservaat het volop wild insluitend die Groot 5, wildehonde en jagluiperds.

Bos Etes

Met jou aankoms by die luukse Tuningi Lodge sal die wêreldklas sjefs die maaltye met jou kom bespreek. Daar kan vir enige spesiale dieet en ook kindervriendelike maaltye gereël word. Al is vyfster disse en uitsoek wyne aan die orde van die dag word die kinders nie afgeskeep nie. Terwyl hulle deur ’n sjef in ’n aparte boma besig gehou word met kos maak kan die ouers die romanse laat herlewe by kerslig in die boma of op die suite se privaat dek.

Spesiale Aktiwiteite

Intieme troues en kleiner konferensies kan deur die Tuningi span beplan word. Na jou trouseremonie op die koppie kry jou gaste ’n drankie en versnaperings in die boma terwyl jou troufoto geneem word. Daarna word ’n smaaklike ete bedien met die personeel wat sing en dans om die bruidspaar te verwelkom – ’n onvergeetlike Afrika herinnering.

Kinders op Safari

Kinders sal nooit hierdie Tuningi safari vergeet nie. Kinders onder 6 jaar oud het hulle eie wildrit in die oggend na ontbyt. Hulle kry ’n werkboek waarin hulle merk wat hulle gesien het en die een wat die meeste gemerk het kry ’n verrassing.

Die lodge fokus op ’n familie se saamwees en ook die feit dat ouers soms alleen wil wees, maar tog wil seker wees dat hulle kinders veilig is en ook die tyd geniet. Ander pret aktiwiteite wat die kinders kan besig hou is T-hemde verf, kleispel, spoorsny, skattejag en kook saam met die sjef. Genoeg om die volwassenes jaloers te maak.