Uitstaande Safari-ervaring - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die luukse, familie vriendelike Tuningi Lodge het 6 eksklusiewe suites wat 16 mense kan huisves.

Jou Kamer

Twee van die suites is familie suites met twee en-suite slaapkamers wat verbind word met ’n eetkamer, kombuisie en sitkamer. Daar is ook lugversorging, ’n gaskaggel en ’n groot houtdek waar jy kan ontspan en wildkyk met ’n drankie in die hand.

Die ander vier suites het elk ’n spasieuse slaapkamer met ’n stylvolle sitkamer, lugversorging, badkamer met ’n bad, buite-stort, gas kaggel en ’n privaat uitkyk dek. Die styl van die suites skep ’n ou wêreldse “Out of Africa” gevoel met die hout, natuurlike riet en unieke ystervarkpen en horing kandelare.

Lodge Fasiliteite

Vergadering fasiliteite met Wi-Fi
Lugversorging en spesiale etes 
Boma wat op watergat uitkyk 
Swembad met sondek 
Masserings