Uitstaande Safari-ervaring
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Tuningi Lodge is ’n intieme, luukse safari lodge in die malariavrye Madikwe Wildreservaat wat geskik is vir paartjies en families.

Hoogtepunte

Luukse ou wêreldse gemak in Suid-Afrika se bosveld
Spesiale familie safari met kindervriendelike aktiwiteite wat die ouers ’n bietjie alleen tyd saam kan gee
Volop wild insluitend die Super 7 wat uit die Groot 5, die wildehond en jagluiperd bestaan
Die hoof vermaak en ontvangs area het ’n groot houtdek wat op ’n gewilde watergat uitkyk
Intieme bos troues op die koppie met ’n uitsig oor die noordelike Madikwe Wildreservaat

Jou Ervaring

’n Warm verwelkoming wag vir jou by Tuningi Lodge se ontvangs area wat op die watergat uitkyk en jy kan sommer dadelik met jou safari begin. Gaan op opwindende aksiebelaaide wildritte saam met die omgewing se ervare gidse. Terug by die lodge, spandeer tyd saam met jou familie of geliefde langs die swembad terwyl julle die wild wat kom water drink geniet.

Die aantreklike, smaaklike maaltye sal jou mond laat water. Tuningi Safari Lodge verwelkom kinders van alle ouderdomme en vermaak hulle konstruktief tydens ouers se alleen tyd saam. Die persoonlike aandag laat jou soos deel van die familie voel by hierdie vriendelike, luukse lodge.