'n Plek om te Ontspan - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die Madikwe River Lodge se gidse het interessante stories van die habitat en gedrag van alle soogdiere, insekte, bome en plante.

Wildkyk

Nie alle wildtuin besoekers wat vir die eerste keer op safari gaan besef dat daar baie meer is om te sien en te verken as die Groot 5 nie. Dit beteken dat ’n wildrit of stapsafari volgepak is met fassinerende inligting, besigtiging van die Groot 5 en dalk die wildehond of jagluiperd. Wildehonde, wat gewoonlik redelik skaars is, kan hoogs waarskynlik hier gesien word.

Hierdie wildehonde was ’n belangrike deel van Operasie Phoenix, waar wild in die voorheen onvrugbare landerye hervestig is. Dit is ’n fassinerende spesie met ’n streng hiërargie in die trop. As jy gelukkig is kan die jagluiperd ook gesien word, maar moenie die verskillende boksoorte, uitgebreide voëllewe en ’n magdom kleiner soogdiere oor die hoof sien nie. Voëlkyk kan baie insiggewend wees met ’n gids wat ’n uitgebreide kennis van hul gewoontes en habitat het.

Bos Etes

’n Romantiese aandete onder die sterre in die boma, vergesel deur dier en insek geluide, is suiwer romanse. Tydens die koue aande by Madikwe River Lodge word smaaklike etes in die eetkamer geniet. Middagete op die hoof lodge se dek langs die rivier wat verbyvloei is ’n welkome ruskans en die perfekte tyd om die oggendrit se besigtiging te herleef. Spesiale diëet vereistes kan met voorafkennisgewing gereël word.

Kindervriendelike Wildrit

Madikwe River Lodge verstaan dat dit moeilik kan wees om kinders vroeg in die oggend reg te kry vir die oggend wildrit. Om hierdie rede is daar ’n spesiale kindervriendelike wildrit in die oggend net na ontbyt. Hierdie korter wildrit betrek kinders wat ’n korter konsentrasievermoë het by die skoonheid en verskeidenheid van die natuur en kan ’n belangstelling wat ’n leeftyd duur by hulle kweek.