'n Plek om te Ontspan - Jou Verblyf
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Madikwe River Lodge is geleë in ’n rustige omgewing vir reisigers wat ’n ontspanne Suid-Afrikaanse safari vakansie verkies.

Jou Kamer

Madikwe River Lodge beskik oor 16 eksklusiewe chalets, elkeen met ’n uitsig op die rivier en ’n privaat balkon. Die standaard dubbelkamer en die kamers met twee enkelbeddens het ’n en suite-badkamer, dakwaaier, haardroër en kroegyskas. Die suites het ’n aparte sitkamer en buite-stort.

Ses van die suites is familie kamers met twee enkelbeddens en ’n addisionele slaapbank. Babawiegies is op versoek beskikbaar. Daar is ’n aangename mengsel van sofistikasie en Afrika dekor. Ongewone Afrika maskers en ander kuns skep die gevoel van ’n safari diep in Afrika.

Lodge Fasiliteite

Konferensie geriewe vir tot 32 mense
Intieme troues kan spesiaal ontwerp word
24 uur ontvangs en sekuriteit
Kinderoppassers
Boma en bos etes
Wasgoed diens
Snuistery winkel
Volle kroeg diens
Elektriese omheining
Hoof lodge swembad met rotspoel en sondek
Private landingstrook
Alle erkende kredietkaarte word aanvaar