'n Plek om te Ontspan
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

Die luukse Madikwe River Lodge is op die oewer van die Marico rivier in die Madikwe Wildreservaat geleƫ.

Hoogtepunte

Madikwe River Lodge op die oewer van die Marico Rivier het 16 suites wat op die rivier en oor die bosveld uitkyk
Hier is verskeie aktiwiteite soos wildritte, ’n voëlkyk safari, stapsafari en sterrekyk geleenthede
Familie akkommodasie en ’n spesiale kindervriendelike wildrit
Private landingstrook
Madikwe River Lodge het 3 konferensie fasiliteite - ideaal vir ’n vergadering of spanbou

Jou Ervaring

Madikwe River Lodge is geleë in ’n rustige omgewing vir reisigers wat ’n ontspanne Suid-Afrikaanse safari vakansie verkies. Dit is ’n luukse, privaat lodge in die Madikwe Wildreservaat en is aan die oewer van die Marico-rivier geleë. Daar is 16 chalets wat met die natuur saamsmelt in ’n omheinde area. Die swembad en die ongewone rotspoel is perfek om die stad se stres weg te spoel. Gebruik jou tyd om die Madikwe Wildreservaat te verken, hetsy op ’n staptog langs die rivier of met ’n wildrit.

Die tye tussen die wildkyk aktiwiteite kan jy op jou privaat balkon spandeer waar jy na die wild wat by die rivier kom water drink kan kyk. Of, lê langs die swembad en drink ’n koel drankie na die feestelike middagete. Saans is daar kinderoppassers om na die kleiner kinders te kyk terwyl jy in die boma saam met mede-safari gaste die dag se gebeure herleef.