Luukse Ontsnap - Aktiwiteite
Madikwe Game Reserve, North West Province

Gaan uit en ontdek die Madikwe Wildreservaat in ’n oop 4x4-safari voertuig, begelei deur ervare gidse wat die area intiem ken.

Wildbesigtigingsritte

Vroegoggend en laatmiddag is die beste tyd vir fotografie en wild besigtiging omdat die lig ideaal is en die diere meer geneig is om aktief te wees. Kyk uit vir luiperd wat sy jag in die boom beskerm.

Verwonder jouself aan die Afrika wilde honde en hul interaksie met mekaar wanneer hulle van hul slaapplek terugkom en mekaar met ’n gelag, gesnuif en getjank groet. Die voëllewe en wild is volop en van wye verskeidenheid. Hier beoog jou gids om vir jou met elke rit die verskeie fasette van die Suid-Afrikaanse bos uit te wys.

Kinders op Safari

Die Tau Cubz Club bied ’n reeks prettige aktiwiteite vir kinders aan, soos bevoorbeeld wildbesigtigingsritte, skattejag en kunsvlyt aktiwiteite. Elke kind kry ’n Cubz Club rugsak, gevul met aktiwiteitsboeke, opwindende speletjies en ’n Tau T-hemp. Die klub is gemik op kinders tussen die ouderdom van 3 – 5-jaar.

Die ouers kan hul oggend wildbesigtigingsrit geniet met die wete dat hul kinders gelukkig en besig gehou sal word by die klub. Ouer kinders is welkom om aan die pret deel te neem, of hul ouers op die wilbesigtigingsrit te vergesel.

Gemeenskapsprojekte

Tydens jou besoek aan Tau Game Lodge het jy die geleentheid om sommige van die plaaslike inisiatiewe wat die lodge besig is om te ondersteun, te besoek. Die lodge erken hul rol in die geeenskap en help graag die omliggende gemeenskap opbring. Die Tau Fonds samel geld in wat na gemeenskapsontwikkelinge geskenk word. Jy kan ’n besoek aan die plaaslike skool aflê.

Hierdie skool was onlangs omhein en het sport gronde, ’n rekenaarkamer en ’n groente tuin aangeskaf. Dit is slegs ’n paar van die suksesvolle projekte. Jy kan ook kies om deel te neem aan die Tau Forest Fund om iets terug te gee aan die omgewing. Skenk ’n inheemse boom vir die Madikwe Reservaat.

Bosveld Spa

Tau Game Lodge het ’n spa waar jy van al jou stres en bekommernisse kan vergeet. Terwyl hul opgeleide terapeute aan jou werk sal jy voel hoe ’n kalm gevoel oor jou spoel. Bederf jouself met ’n wonderlike mengsel van al die behandelinge op aanbod, insluitend ’n outentieke Afrika behandeling, gespesialiseerde hidro-terapie behandeling asook die gebruik van die stoombad.