Luukse Ontsnap - Jou Verblyf
Madikwe Game Reserve, North West Province

Tau Game Lodge spog met outentieke grasdak chalets, wat uitgestrek is in ’n U-vorm op beide kante van die lodge.

Jou Kamer

Al die chalets het uitsigte oor die watergat en al die wild wat daar kom drink. Hierdie safari bestemming het Afrika geïnspireerde dekorasie en gemak vorm die fokuspunt van jou verblyf. Elke chalet is ontwerp vir privaatheid en het dakwaaiers, ’n en-suite badkamer en ’n oop-plan stort.

Die deluxe cottages het ’n gemaklike sitarea met skuifdeure wat oopmaak op ’n rustige stoep met beeldskone uitsigte oor die Afrika bosveld. Families word ook na omgesien by Tau Game Lodge. Families het toegang tot ’n familie suite en ’n familie eenheid wat uit twee slaapkamers bestaan. Die kamers is aanlopend en deel ’n ontspanningsarea. Ouers kan van die kinderoppassersdienste gebruik maak indien hulle dit benodig.

Lodge Fasiliteite

Smul aan smaaklike etes in die buitelug langs die swembad
Proe tradisionele Afrika disse met moderne invloede en wees gerus dat jou kinders heerlik gaan eet te danke aan die kinderspyskaart wat beskikbaar is
Tau Game Lodge bied ’n kinderprogram aan wat goed ontwerp is om opvoedkundig, sowel as vermaaklik te wees
Daar is ’n aandenkingswinkel waar jy geskenkies vir jou familie wat nie saam kon kom nie, kan koop