Luukse Ontsnap
Madikwe Game Reserve, North West Province

Tau Game Lodge is ’n luukse safari lodge in die malaria-vrye Madikwe Reservaat, Suid-Afrika - perfek vir families met klein kinders.

Hoogtepunte

Volop wild, reg voor jou deur
Luukse ontspanningsarea met ’n besigtigingsdek wat oor ’n watergat uitkyk
Kindervriendelike wild lodge met ’n familie vriendelike kinderprogram
Weggesteekte elektriese draad om die leefarea vir ekstra veiligheid
Aktiewe gemeenskapsprojekte waarmee jy betrokke kan raak

Jou Ervaring

Tau Game Lodge se ligging op die grens tussen Suid-Afrika en Botswana bied prentjie mooi uitsigte oor die bergreeks. Hierdie gesogte, privaat-besitte wild lodge het oor die jare, vanaf dit in 1995 oopgemaak het, ’n onmiskenbare merk in die industrie gelaat. Die lodge is hoog op die klein koppies van Tshwene-Tshwene gebou. Hier kan rotse van die Dwarsberg, 2630 miljoen jare oud, gevind word. Klip en steen voorwerpe kan in die Groot Marico stof, van waar die woord ‘Madikwe’ afgelei is, gevind word.

Tau Game Lodge het al vele toekennings ontvang. Hul pryse getuig van hul kwaliteit diens en uitmuntende styl. Jy word bederf met hoë standaarde en kwaliteit, regdeur vanaf die Afrika geïnspireerde dekorasies tot by die uitstekende akkommodasie en opwindende aktiwiteite. Die lodge leef op tot sy naam ‘Tau’, wat as leeu vertaal kan word. Dit is ’n sosiale lodge wat daarvan hou om na die hele familie om te sien.

Gaste van die magiese Tau Game Lodge sal met sommige van die beste Suid-Afrikaanse disse bederf word. Huislike en warm akkommodasie asook rustige landskappe wag op jou. Die lodge het ’n stylvolle ontspanningsarea wat oor die watergat uitkyk. Deel ’n koppie koffie of ’n bier met jou familie en nuwe vriende terwyl jy wild kyk vanaf die gemak van jou leuenstoel.