Buitengewone Wild Waarneming - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

By Buffalo Ridge Safari Lodge neem plaaslike gidse jou twee keer per dag op ’n wildrit en is gretig om gaste van die omgewing waar hulle grootgeword het te leer.

Wildkyk

Met die stories wat hulle vertel van die diere wat hierdie gedeelte van die Madikwe Wildreservaat besoek maak hulle die bos meer betowerend. Jy sal hier ’n groot verskeidenheid wild insluitend die Groot 5 vind. Die verskeie voëls is enige voëlkyker se droom met roofvoëls soos die Breëkoparend, Visarend, Sekretarisvoël en die Bleeksingvalk. Die Gevlekte ooruil asook die Witkoluil is algemeen hier.

Geen twee wildritte is dieselfde nie. Wat op die oggendrit gesien word verskil van wat op die wildrit saans gesien word. Die nagdiere wat bedags wegkruip se oë word dikwels in die kollig van die safarivoertuig raakgesien. Die wild wat dalk gesien kan word sluit buffel en olifant troppe asook die leeu, luiperd, swart- en witrenoster, jagluiperd, gevlekte hiëna, sebra, kameelperd en ’n verskeidenheid wildsbokke in.

Bos Etes

Heerlike etes word in die hoof lodge area se eetkamer, wat met sy klip en hout dekor met die natuur saamsmelt, bedien. Spesiale diëte soos Halaal maaltye kan met voorafkennisgewing berei word. By Buffalo Lodge is die buitelug etes onder die sterre in die boma ’n hoogtepunt wat nie gemis moet word nie.