Asemrowende Natuurskoon - Aktiwiteite
Madikwe Wildreservaat, Noordwes Provinsie

By Impodimo Game Lodge het jy die geleentheid om twee keer ’n dag uit te gaan op ’n wildbesigtigingsrit.

Wildbesigtigingsritte

Die eerste ekskursie vind vroeg in die oggend plaas, in ’n gespesialiseerde wildbesigtigingsvoertuig, met ’n gids en Shangaan spoorsnyer wat die soektog na die rondlopers van die bos lei.

Sommige van die diere wat in hierdie uitgestrekte bos rondloop sluit die Groot Vyf – luiperd, leeu, renoster, olifant en buffel – in. Laat in die middag word die tweede wildbesigtigingsrit onderneem; ’n sonsondergang rit waartydens heerlike skemerkelkies en peuselhappies met die sonsondergang geniet kan word.

Bos Wandeling Safari’s

Na ’n heerlike ontbyt word ’n stap safari deur ’n ervare gids aangebied. Op hierdie opwindende stap avontuur kan jy ’n oorvloed kleurvolle voëls sien.

Hierie stap safari’s is ’n geleentheid om die kleiner diere, wat moeilik op ’n wildbesigtigingsrit gesien word, op te spoor. Leer meer oor die diverse plantspesies en hul medisinale gebruike.

Bos Maaltye

Heerlike peuselhappies, gebakte goedere en warm of koue drankies kan op prentjie mooi wildbesigtigingsritte geniet word. Na die oggend wildbesigtigingsrit word ’n vullende ontbyt bedien. Aandetes word in die opelug boma, waar smaakvolle Pan-Afrika disse voorberei word, geniet. Ontspan onder die sterre en dink terug aan die dag se besigtigings.

Kinders op Safari

Kinders oor die ouderdom van 6-jaar is welkom op wildbesigtigingsritte. Families met jonger kinders hoef egter nie bang te wees dat hulle kinders sal uitmis nie.

Die lodge bied ook ’n rit vir kinders aan. Hierdie rit is korter en fokus daarop om die kleintjies se aandag te behou.