Geleë in die Madikwe Wildreservaat, Impodima Game Lodge gee jou die geleentheid om die Groot Vyf te besig op begeleide wildbesigtigingsritte en bos wandelinge.
Ongesteurde uitsigte oor die Madikwe Wildreservaat
Gespesialiseerde kindersafari ervaring
Bos wandelinge en wildbesigtigingsritte gelei deur ervare spoorsnyers
Volop voëls, bruin hiëna & jagluiperd
Buitelug swembad en ontspanningsdek
Mooi weggesteek in die Madikwe Wildreservaat, Impodimo Game Lodge bied luukse akkommodasie met ’n keuse van 20 suites. By Impodimo Game Lodge kan jy ongelooflike uitsigte oor die bosveld vanaf jou privaat suite geniet. Die kamers is luuks en smaakvolle bosveld maaltye word bedien. Die reservaat bestaan uit oop grasvlaktes, groot inheemse bome, digte bosveld en klipperige berge. Die Dwarsbergreeks vorm die suidelike grens en die Groot Marico rivier hardloop deur die reservaat. Stylvolle bos maaltye word by Impodimo Game Lodge bedien. Pan-Afrika bos etes rondom ’n oop vuur is die perfekte manier om ’n besige dag van wild besigtiging af te sluit.
Op jou wildbesigtigingsrit by Impodimo Game Lodge word heerlike lekkernye bedien, net om daardie gatjie te vul. Ontbyt is altyd kleurvol en vullend, gevolg deur ’n ligte middagete later die dag. Opwindende wildbesigtigingsritte word deur ’n ervare gids en ’n tradisionele Shangaan spoorsnyer gelei. Die spoorsnyer verlaat die voertuig en volg die spore te voet om wild te vind wat nie vanaf die voertuig sigbaar is nie.
By Impodimo Game Lodge kan jy verseker wees van onvergeetlike wild besigtinge. Die reservaat het 28 verskillende soogdier spesies en is ’n voëlkyk paradys, met meer as 350 voëlspesies. Stap safari’s is ’n unieke anier om die verskillende flora en klein diere van die bos op te spoor. Spandeer jou tyd middae by die swembad, biblioteek of besoek die plaaslike gemeenskap.