Lebombo Aloe
Lebombo-aalwyn

Naam

Lebombo-aalwyn

Latynse naam

Aloe spicata

Beskrywing

Die Lebombo-aalwyn het ’n kort stam met smal blare wat liggroen of ’n baksteenkleur is wanneer dit in die volle son staan. Die blaarrande is skerp getand en die blare het ’n geel slymerige sap. Hierdie sap word al vir baie eeue gebruik om maagkwale te behandel.

Die blare stoor ook water om die plant in staat te stel om droogtes te oorleef. Die geel blomme word aan stewige stingels gedra en is min of meer buisvormig. Die blomtyd is in die winter. Die plante word teen weiding beskerm deur die skerp dorings en bitter sap.

Habitat

Die Lebombo-aalwyn groei op kranse en rotshange en word in die Mpumalanga en Limpopo provinsies in Suid Afrika en Mosambiek en Zimbabwe gevind. Hierdie spesie word in die Nasionale Krugerwildtuin bewaar.

Veld notas

Alhoewel die Lebombo-aalwyn gewoonlik in klipperige gebiede gevind word, het dit nie spesifieke omstandighede nodig om in te groei nie. Dit word in in ’n verskeidenheid van geologiese areas gevind, vanaf berge tot grasvelde. Die Lebombo-aalwyn is ’n algemene gesig in sy verspreiding areas.