Lala Palm
Lalapalm

© Roger de la Harpe

Naam

Lalapalm

Latynse naam

Hyphaene coriacea

Beskrywing

Plaaslik word die lalapalm ‘Molala’ genoem en word tussen 5 en 7m hoog, hoewel sommiges tot 15m hoog word. Bome het enkele of dubbele stamme met ‘n effense verdikking halfpad na bo. Die boom kom voor in laerliggende bosveld asook in bosveld by die kus, dikwels oor uitgestrekte gebiede. Die blare is waaiervormig en grys-groen.
Vrugte is tennisbalgrootte, en verander soos hulle ryp word van groen na oranje tot blink, donkerbruin. ‘n Dun lagie soet, gemmer-geurige, veselagtige moes omring die saad. Vrugte word in groot hoeveelhede geproduseer, tot 2000 per boom. ‘n Vrug neem twee jaar om ryp te word en daarna nog twee jaar om af te val.

Vrugte

Die voorkoms van vrugte varieer effens na gelang van waar hulle voorkom, maar is oor die algemeen aanvanklik groen tot lig-oranje en raak bruiner soos wat hulle ryp word. Hulle is onreëlmatig peervormig en ongeveer 60 tot 80 mm in deursnee met ‘n onmiskenbare vrugte geur. Die buitenste dop is blink en taai. Binne-in is ‘n eetbare, sponsagtige, veselrige moes wat die enkele saad omring. Die harde endosperm wat lyk soos groente-ivoor, het ‘n hol kern. Vrugte neem omtrent twee jaar om ryp te word en ‘n verdere twee jaar voordat dit van die boom afval. Hulle word versprei deur olifante, ape en bobbejane.

Gebruike

Die melk wat voorkom in groen vrugte smaaken lyk soos kokosneutmelk. Olifante eet graag die jong blare wat bros is met ‘n aangename klapper-geur. Die kroonhart word geëet as groente en is in die Delta bekend as ‘gau’. Die moes in die vrug lyk soos gemmerbrood. Om die moes in die hande te kry, word die harde buitedop met ‘n stok geslaan. Die pulp is heel smaaklik en word graag geëet deur veral olifante en bobbejane.
Die lalapalms word wyd benut as ‘n bron van wyn en ongelukkig word baie van hulle vernietig in die proses. Windswaels word nou verbind met hierdie palms. Hulle bou vertikale neste aan die onderkant van die blare en verhoed dat die eiers uitval deur hulle met speeksel vas te plak. Die harde, wit kerne van die sade wat baie ooreenstem met die kommersiële groente ivoor van Amerika, is te klein om van enige ekonomiese waarde te wees, hoewel dit tog gebruik word vir die maak van ornamente en snuisterye.

Waar hulle gevind word

Lalapalms kom voor in Zimbabwe, Angola, Botswana, Noord Gauteng en Namibië.

Veldaantekeninge

Die lalapalm staan ook bekend as die Vegetable Ivory Palm weens sy harde, wit ivoor-agtige saad. Die sade word versprei oor groot afstande deur die mis van trekkende olifante.