Kinders op Safari - Aktiwiteite
Kruger Nasionale Park

Fitzpatricks Lodge at Jock bied ’n aantal kuns- en kunsvlyt aktiwiteite vir kinders soos kleispeel, plakboek, teken en verf sessies.

Kinder-aktiwiteite

Daar is ’n verskeidenheid legkaarte in wisselende groottes, moeilikheidsgraad en ouderdomsvlak asook ’n aantal kinderboeke en bordspeletjies.

Wildritte

Geniet die volop wildlewe van die streek met twee wildritte per dag in 'n oop safari-voertuig saam met ’n ervare gids. Om in ’n privaat konsessie te bly, beteken dat jy die sonsondergang in die bos kan geniet en ook baie van die nagdiere kan sien op pad terug na jou verblyf.

Ouer kinders is welkom op wildritte en sal ook hulle eie gespesialiseerde wildrit geniet as deel van hulle "Kids on Safari” program. Hierdie rit sal hulle ook na die Steven Hamilton-museum by Skukuza neem waar hulle gaan kyk na die uitstallings en oor die geskiedenis van die omgewing kan leer.

Stap Safaris

Gedurende hierdie begeleide staptogte fokus die gidse op die minder bekende natuurlewe wat dikwels tydens die wildritte gemis word. Dit is ook ’n goeie geleentheid om die streek se voëllewe te verken, insluitende roofvoëls soos die Breëkoparend of die Berghaan.

Kinders ouer as twaalf jaar oud kan ook op die stapsafari gaan. Jonger kinders kan op ’n staptog saans in die kamp gaan op soek na nagapies en ander nagdiere.

Padda - Safari’s

Gedurende die reënseisoen kan jy ’n ander tipe safari geniet – ’n padda-safari. Gewapen met flitse, rubberstewels en nette gaanjulle op soek na die meer as 34 spesies amfibieë wat in die omgewing voorkom. Let wel: Die paddas word gevang, geïdentifiseer en dan weer vrygelaat.

Spa-behandelings

Ontspan en word bederf met ’n heerlike behandeling by die spa.