Kinders op Safari
Kruger Nasionale Park

Fitzpatrick’s Lodge at Jock is kindervriendelike akkommodasie in die Krugerwildtuin, ’n ideale familie safari-woonplek, op ’n privaat konsessie in die suidweste van die wildtuin geleë.

Hoogtepunte

Fantastiese kinder-aktiwiteite
Groot Vyf wildkykervaring
Bekostigbare akkommodasie in en-suite-kamers
Begeleide staproetes en ’n unieke padda-safari

Jou Ervaring

Fitzpatrick’s Lodge at Jock is ’n privaat, luukse safari-woonplek en wat fokus op ontspanning in die bos vir gesinne. Die woonplek is perfek geposisioneer op ’n privaat konsessie in die middel van die Krugerwildtuin. Die gebied is bekend vir sy goeie wildbesigtiging, insluitend die waarneming van die Groot Vyf - naamlik Leeus, Olifante, Buffels, Luiperds en Renosters. Jy kan persoonlike diens verwag as jy by hierdie woonplek bly.

Die woonplek het ’n ruim ontspanne gevoel en kan ses volwassenes en vier kinders in drie kamers akkommodeer. Die volwassenes in die groep kan opwindende begeleide wildritte of staproetes op soek na die streek se oorvloedige wild of voëls geniet. Of hulle kan ontspan en hulself bederf met ’n heerlike spa-behandeling.

By gaste se aankoms sal die wildbewaarder hulle ontmoet en hulle spesifieke belangstellings en verwagtings uitvind om sodoende ’n aangenamer ruskans te verseker. Kinders sal 'n verwelkomings pakkie gevul met interessant speletjies en lekkernye ontvang. Hulle sal vermaak word met kuns en kunsvlyt, of kan selfs in die oggend koekies bak saam met die sjef.

Ouer kinders kan saam met die familie op wildritte gaan, terwyl jonger kinders ’n korter wildrit geniet en so die geheime van die bos kan leer. Die woonplek bied ook ’n opwindende “Kids on Safari” program.

Kinderbeleid: Kinders van alle ouderdomme is welkom.