Vakansie by die Rivier - Aktiwiteite
Komatipoort, Mpumalanga

©Roger de la harpe
©Shem Compion

Met meer as 500 voëlspesies binne die area is Komati River Chalets die ideale bestemming vir voëlkyk entoesiaste.

Rivier Wandelinge

Die Komatirivier is slegs 50 meter vanaf Komati River Chalets. Kom ontdek die rivierbed en die omliggende bos op die verskeie wandelpaaie wat jou in die hartjie van die bos sal inneem. Hierdie wandelige laat jou toe om naby aan die inheemse bome en plante te kom. Wees op die uitkyk vir die weggesteekte krokodille en knorrige seekoeie en wees asseblief versigtig terwyl jy stap.

Voëlkyk & Visvang

Die voëls is aangetrokke tot die water van die Komati- en Olifantsrivier en die verskeie spesies varswater vis. Die mees bekende hiervan is die tiervis, wat altyd bietjie van ’n geveg opsit. As hengelaar sal jy hier prima posisies langs die rivier vind, met die moontlikheid om die bloukurper, rooiborsbrasem, modderbek, baber en selfs karp te vang. Onthou om jou verkyker en visvang toerusting in te pak.

Kruger Nasionale Park Wildbesigtigingsritte

Komati River Chalets is so naby aan die suidelike grens van die Kruger Nasionale Park, half dag en vol dag wildbesigtigingsritte in die Kruger Nasionale Park is ’n maklike toeganklike aktiwiteit. Jy kan kies tussen oop of toe 4x4-voertuie tydens jou geleentheid om sommige van Suid-Afrika se beste wild te sien. Jy kan selfs ’n aand wildbesigtigingsrit kies, omdat die Krokodilbrug Hek van die park slegs 12 kilometer weg geleë is.

Mozambique of Swaziland Dag Toere

Tydens jou verblyf by Komati River Chalets kan jy ’n besoek aan Maputo in Mozambique aflê met ’n vol-dag of half-dag toer. Hierdie avontoer sluit in die bekende koloniale treinstasie, die vis mark, die stad se mark en die 17de eeuse Portugese fort en heerlike seekos! By hierdie self-sorg akkommodasie naby die Kruger Nasionale Park kan jy ook vir die dag in Swaziland gaan rondloop en die ongesteurde platteland sien. Maak ’n draai by Ingwenya Glass waar jy na die fasineerdende kuns van glasblaas kan kyk.