Vakansie by die Rivier - Jou Verblyf
Komatipoort, Mpumalanga

Komati River Chalets bied verskeie akkommodasie opsies vir 'n rustige vakansie by die rivier

Jou Kamer

Komati doubel/ tweeling chalets
Elkeen van die kamers is ingerig met lugverkoeling, televisie met DSTV, ingeboude kaste, kluis en en-suite badkamer. Daar is ook ’n self-sorg kombuisarea wat al die nodige toerusting en geriewe het. Die kamers is ruim en indien dit nodig is kan ’n ekstra enkelbed vir ’n kind ingedra word. Die chalets is huislik ingerig en het ’n privaat patio wat na die slaapkamer lei, met braai fasilitieite. Wi-Fi is beskikbaar in al die chalets.

Komati familie cottages
Elke cottage bestaan uit twee en-suite slaapkamers, ’n oop-plan ontspanningsarea en kombuisarea. Elke eenheid het lugverkoeling, ’n televisie met DSTV, privaat stoep, braai fasiliteite, ingeboude kaste, kluis en is ten volle toegerus met al die nodige geriewe. Gratis Wi-Fi is beskikbaar in die cottages.

Fasiliteite

Buitelug swembad
Restaurant wat daaglikes oop is vir ontbyt en aandete, met binne- en buite eet areas wat oor die tuine uitkyk
Kinderspyskaart beskikbaar
Kroegarea, oop vanaf middagetenstyd elke dag
Vlugbalbaan
Kinderspeelarea
Gratis, veilige parkering
Ontvangs wat daagliks oop is
Wasgoed dienste beskikbaar
Komati River Chalets is op 12 akker van private rivierfront, wat omhein is met elektrifiseerde sekuritieitsheining, geleë
Gratis Wi-Fi in geselekteerde areas