Vakansie by die Rivier
Komatipoort, Mpumalanga

Komati River Chalets bied self-sorg akkommodasie in Mpumalanga, naby aan die Suidelike grens van die Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Geniet 'n vakansie by die rivier
Maklike toegang tot die Kruger Nasionale Park
Uitsigte oor die Komati- en Krokodilrivier
Restaurant, kroeg en swembad fasiliteite op die perseel
Ideaal vir paartjies, groepe en families (Kinders van alle ouderdomme is welkom)
Aktiwiteite sluit in visvang, wild besigtiging, voëlkyk, rivier wandelinge en dag toere

Jou Ervaring

Weggesteek tussen die bosse, waar die Komati- en Krokodilrivier ontmoet, naby die Suidelike grens van die Kruger Nasionale Park, sit Komati River Chalets op 12 akker van prima rivierfront.

Die ideale ligging van hierdie self-sorg akkommodasie tree op as ’n uitstekende wegbreek bestemming vir dié wat opsoek is daarna om te ontdek. Nie net die Kruger Nasionale Park nie, maar Mozambique en Swaziland ook.

Komati River Chalets is ook ’n goeie opsie vir reisigers wat hul pad deur Suid-Afrika vind, op hulle eie skedule. Solo reisigers, paartjies, groepe en families is almal welkom hier. By hierdie self-sorg akkommodasie naby die Kruger Nasionale Park is jy welkom om te eet en aan aktiwiteite deel te neem wanneer dit jou die beste pas. Hier hoef jy nie ’n streng program te volg nie. Elkeen kan sy safari vakansie geniet en ’n ruskans van kombuis-verpligtinge neem en eerder van die restaurant en kroeg op die perseel gebruik maak.

Ouers sal gelukkig wees om uit te vind dat die gronde van hierdie self-sorg akkommodasie naby die Kruger Nasionale Park kindervriendelik is. ’n Swembad, speelarea en selfs ’n spesiale kinderspyskaart vir ’n sukkel-vrye familie eetenstyd verseker dat elkeen in die gesin hulself kan geniet.

Die chalets se uitsigte oor die Komatirivier is kalm en prentjie mooi. Dit is ’n ontspannende toevlug, gemaklike en huislik vir gaste wat graag wil ontspan en hul batterye herlaai. Hier kan jy na ’n aktiewe, stowwerige safari avontuur in die Kruger Nasionale Park, of selfs verder die omgewing in, kom terugsit en ’n ys-koue drankie drink.