Wees Vry in die Wild - Aktiwiteite
Kololo Wildreservaat, Limpopo

Die spoorsnyers en gidse by Kololo Wildreservaat het hope ervaring en doen hul bes om vir jou die sterre van die Afrika bos op te spoor.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte word in die naby geleë Welgevonden reservaat onderneem, waar lede van die Groot Vyf gereeld gesien word, asook kudu, kameelperd, rooi hartebees, impala, nyala, klipspringer, sebra, wildebees, vlakvark, bobbejaan en blesbok.

Twee wildbesigtigingsritte word gedurende die dag aangebied. Teen ’n ekstra koste het gaste het die keuse om ook aan ’n derde rit in die aand deel te neem.

Bos Wandelinge

Bos wandelinge by Kololo Wildreservaat vertrek na ontbyt en neem omtrent ’n uur en ’n half. ’n Ervare gids en spoorsnyer sal jou vergesel en jou leer hoe om diere se spore en mis te lees.

Die landskap van Kololo bestaan uit digte inheemse bome en bosse. Hierdie plantlewe vorm die prentjie mooi agtergrond van die omgewing en is ’n integrale kos soort vir die verskeie diere wat in die area woon.

Tydens jou stap sal die gekwalifiseerde gidse jou help om die verskillende diere voëls, spore en plante te identifiseer. Bos wandelinge is ’n intieme ervaring wat dit vir jou moontlik sal maak om die natuur aan te raak, te ruik en na te luister.

Voëlkyk

Meer as 450 voëlspesies is al by hierdie wildreservaat in die Limpopo provinsie opgelet. Dit is ’n goeie voëlkyk bestemming reg deur die jaar, maar die beste tyd is vanaf Junie tot September.

Voëls wat gereeld gesien word is die baardwipstert, Europese troupant, grysneushoringvoël en die rooiborssuikerbekkie. Maak seker dat jy die nodige toerustig inpak, veral die regte paar verkykers (7 x 35 en 8 x 48 is goed).

Fietsry

Kololo Wildreservaat is as ’n “veilige wild reservaat” in Limpopo geklassifiseer. Dit beteken dat geen gevaarlike diere in die reservaat bly nie en om hierdie rede is dit ook die perfekte plek om te gaan stap of fietsry. Jy is vry om die verskeie staproetes (vanaf 2 - 15 kilometer) te voet of op ’n bergfiets te ontdek.

Vat jou tyd en bewonder die flora en fauna van die reservaat, omring met slegs die geluide en besigtinge van die natuur. Daar is 3 fiets- en stap roetes, met klein fietse beskikbaar vir kinders.

Addisionele Aktiwiteite

 Kindersafari: Avontuurlustige aktiwiteite word onder die waakvolle oog van ervare gidse aangebied in die kindersafari program. Kinders sal van spoorsny leer en ’n verhouding met die natuur opbou.