Wees Vry in die Wild
Kololo Wildreservaat, Limpopo

Malaria-vry, bekostigbaar, familie vriendelik en volop wild - Kololo Wildreservaat bied gaste ’n avontuurlustige safari in die Limpopo provinsie aan.

Hoogtepunte

Wildbesigtiging binne die naby geleë Welgevonden Reservaat
Fietsry, staproetes, voëlkyk en bos wandelinge en kindersafari’s
’n Malaria-vrye area
Besigtigingsdekke & ’n privaat stoep

Jou Ervaring

Kololo Wildreservaat in die Limpopo provinsie is binne die Waterberg area - wat ’n verskeidenheid landskappe en wild aanbied - geleë. Die area is deur UNESCO as ’n biosfeer reservaat verklaar en die verskeie lodges bied ’n goeie balans tussen avontuur en ontspanning. Kololo Wildreservaat is ’n uitstekende keuse vir ’n naweek weg, of selfs vir ’n langer vakansie wegbreek.

Daar is ’n reeks aktiwiteite om jou mee besig te hou, maar ook genoeg geleenthede om slegs terug te sit, te ontspan en die mooi omgewing in te neem. Kololo Wildreservaat het ’n pragtige dam reg voor die ontvangsarea. Hierdie dam lok al die dors diere van die bos en bied, veral in die aand, die geleentheid om wild te kyk terwyl jy jou maaltyd geniet.

Jou akkommodasie by Kololo Wildreservaat is omring met oeroue seringa bome. Daar is ’n verskeidenheid akkommodasie opsies wat beloof om alle tipe reisigers te pas - van families, paartjies, wittebrood reisigers tot klein groepe vriende wat op ’n stywe begroting is.

Hierdie wildreservaat in die Limpopo provinsie spog ook met ’n Fair Trade Tourism sertifikaat. Hierdie sertifikaat dien as ’n bewys van die reservaat se etiese besigheidsprinsiepe, asook die respek wat hul vir mense regte, kultuur en die omgewing wys.