Wees Vry in die Wild - Jou Verblyf
Kololo Wildreservaat, Limpopo

Geniet jou privaat stoep met ’n ys-koue drankie, kole wat reg is om te braai en die Afrika sonsondergang in die agtergrond.

Jou Kamer

Daar is verskillende akkommodasie-opsies by Kololo Game Reserve:

Ekonomiese 4 bed chalet: Die chalet bied een slaapkamer met twee enkelbeddens, ’n aparte badkamer met stort en ’n aparte toilet aan. Dit is ideaal vir ’n familie van twee ouers en twee kinders omdat dit ook ’n loft kamer met twee enkelbeddens en ’n gedeelde badkamer het.

Standaard 2 bed chalet: Hierdie chalet het een slaapkamer met tweeling beddens, ’n en-suite badkamer met stort en ’n aparte toilet. Dit is ten volle toegerus met ’n buite kombuis, telefoon en Wi-Fi.

Standaard 4 bed chalet: Chalet bied een slaapkamer met ’n dubbel bed, ’n aparte badkamer met bad en stort en aparte toilet. Die ander slaapkamer het twee enkelbeddens, ’n aparte badkamer met stort en ’n aparte toilet. Daar is ’n buite kombuis asook ’n telefoon en Wi-Fi.

Standaard 5 Bed: Bestaan uit ’n 2 en ’n half slaapkamer chalet met twee badkamers, kombuis, ruim leefarea en privaat stoep.

Superior 6 bed villa: Hierdie chalet kom met ’n toegeruste kombuis, ’n oop vuurmaakplek, braai, twee buite storte, ’n telefoon en Wi-Fi.

Deluxe 6 bed villa: In hierdie villa is die kombuis ten volle toegerus met al die elektriese aparate wat jy dalk mag benodig. Die villa het sy eie swembad, boma en braai area. Die stoep is onder ’n grasdak gebou en bied ’n mooi uitsig oor die Kololo- en Welgevonden Wildreservaat. Daar is ’n vuurmaakplek, televisie, telefoon en Wi-Fi.

Fasiliteite

Restaurant
Buitelug swembad & besigtigingsdek
Gratis Wi-Fi
Kinderoppasser & wasgoed dienste op aanvraag
Kroeg & Ontspanningsarea
Buitelug boma
Rolstoelfasilieteite
Aandenkingswinkel