Knysna Olifant Park neem ook vrywilligheidswerkers in om te help omsien na die olifante en die dag-tot-dag takies van die reservaat.
Daaglikse toere van Knysna Olifant Park vertrek elke 30 minute vanaf ontvangs. Na ’n opvoedkundige video word gaste geneem na die veld waar jy die geleentheid het om die olifante te ontmoet, te voer en tussen die trop te loop. Jy het ook die geleentheid om ’n olifant-peuselhappie-mandijie aan te koop om die olifante mee te voer. Kinders onder die ouderdom van 5-jaar gaan verniet in.
Ontmoet die sagte reuse van die Knysna Olifant Park. ’n Toer onder leiding van ’n gids neem omtrent 20 minute en is ’n geleentheid om naby aan hierdie magiese diere te kom. Daar is slegs twee geleide wandelinge elke dag. ’n Redelike fiksheidvlak word gevra, met gemaklike stapskoene.
Skemerkelkies is ’n goeie opsie vir groot groepe van omtrent 10-50 mense. Dit sluit peuselhappies en drankies in en die ervaring gaan aan van omtrent 16:30-19:00 in die somer en 16:00 tot 18:30 in die winter. Skemerkelkies by die Knysna Olifant Park is ’n vermaaklike geleentheid vir spesiale geleenthede of personeel partytjies.
Vrywilligheidswerkers sal Dr Debbie Young assisteer met die kollekteer van data, die trop observeer en aantekeninge rakende hulle gedrag maak.