Ontmoet die Sagte Reuse
Knysna, Tuinroete

Knysna Olifant Park is die tuiste van geredde olifante en bied gekontroleerde interaksies met hierdie magiese diere van Afrika.

Hoogtepunte

Ontmoet die sagte reuse van Knysna Olifant Park
Die park is naby aan Knysna en Plettenbergbaai geleë
Skemerkelkies onder die lapa
Vrywilligheidswerk-geleenthede
Familie-vriendelike akkommodasie

Jou Ervaring

Die Knysna Olifant Park is in 1994 gestig as die eerste fasiliteit in die land om geredde Afrika olifante in te neem en vir hulle te sorg.

Oor die jare het die park altesaam meer as 40 olifante groot gemaak en na omgesien. Die olifante wat tans in die park is, sluit in wees kalfies en ander olifante wat uit sirkusse en kul-programme gered is. Wanneer jy die Knysna Olifant Park besoek, sal jy die magiese inwonende trop olifante ontmoet. Ander olifante in die park leef slegs tydelik daar, voordat hulle na ander fasiliteite en reservate verskuif word om deel te word van ander troppe.

Knysna Olifant Park bied gekontroleerde en verantwoordelike interaksies met hierdie sgate reuse aan. Die olifante is vry om weg te beweeg wanneer hulle wil, om te eet wanneer hulle wil en om te kies met wie hulle wil ontmoet. Jou besoek en interaksie is te alle tye gekontroleer.

Daar is ’n koffie- en aandenkingswinkel op die perseel wat jy kan besoek. Kies tussen ’n familie, standaard of luukse kamer.